Bouwerk aan die De Drift-winkelsentrum vorder goed. Foto: Letitia Van Zyl-Schultz

Bouwerk aan die nuwe De Drift-winkelsentrum in Velddrif vorder flink, met die amptelike opening wat vir 28 Mei beplan word. Die ontwikkeling, wat reeds duidelik vorm aanneem, beloof om ‘n belangrike rol in die dorp se groei en ekonomiese ontwikkeling te speel.

Die moderne winkelsentrum, wat sowat 7 200 m² beslaan, sal uiteindelik altesaam 25 winkelruimtes insluit.

Volgens Dorpstraat-ontwikkelaars is daar tans reeds 21 huurders bevestig, met nog vier persele beskikbaar vir ondernemings wat deel wil word van hierdie opwindende nuwe ontwikkeling.

Soos voorheen in Weslander berig (“De Drift-winkelsentrum vorder”, 18 Desember 2025), sal die sentrum geanker word deur die bekende nasionale kettingwinkels Checkers en Dis-Chem.

Benewens die ankerwinkels kan die gemeenskap uitsien na ‘n wye verskeidenheid ander ondernemings wat hul deure by De Drift sal oopmaak. Dit sluit in Mr Price Weekend, The Crazy Store, Pep Home en Homemakers Hub.

Verder sal dienste en spesialiteitswinkels soos Standard Bank, Spec Savers, PNA, Tobacco Stop, Happy Galore CBD Medicinal Shop en Techno Stop beskikbaar wees, terwyl mode- en persoonlike dienste verteenwoordig word deur Senqu (clothing), Top Stitch Tailors en Fades and Blades Barbers.

Kosliefhebbers kan uitsien na unieke eet- en drinkplekke soos Urban Fish, Ripple and Tide Bistro, Columbine Roastery en Biltong Republic, wat beloof om ‘n gesellige kuier-atmosfeer te skep. Ander geriefsgerigte ondernemings sluit Petshop Science en Thunder Brothers Car Wash in.

Volgens die ontwikkelaars is die doel van die sentrum om nie net in die groeiende vraag na gerief en verskeidenheid te voorsien nie, maar ook om werksgeleenthede te skep en die plaaslike ekonomie te versterk.

Met die opening wat al hoe nader kom, bou die opgewondenheid onder Velddrif-inwoners op en De Drift lyk gereed om ‘n nuwe hartklop vir inkopies en kuier aan die Weskus te word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article