Die pretswem is altyd, wel . . . groot pret.

Dis tyd vir die negende jaarlikse Velddrif-myl- en 3-km-swem-geleentheid. Kom moedig swemmers Saterdag (8 November) by die Port Owen-marina in Velddrif aan en kyk hoe deelnemers aan die pret-swem in die water baljaar.

Inskrywings het reeds gesluit vir die amptelike Velddrif-myl-swem van 1,6-km en die gevorderde swem (3 km). Die items begin om 08:15 in die kanaal.

Hierna volg die pretswem van 500 m waarin swemmers van alle ouderdomme gaan deelneem, geklee in enigiets. Ondersteunende swemoestelle soos lilo’s en swembadnoedels word vir die pretswem toegelaat, maar geen swemvinne nie. Dit begin om 10:10 by die Port Owen-skeepshelling (slipway) in die Port Owen-marina.

Prysuitdeling

Die einde van die swemren en die prysuitdeling is by die Port Owen-seiljagklub in Bronwenstraat. Opwindende pryse en ander gelukstrekkingspryse sal op die spel wees.

Die prysuitdeling sal omstreeks 11:15 begin.

Toeskouers is welkom om die swemmers aan te moedig, maar moet asseblief nie private eiendom, bote of kaaie langs die kanaal betree nie.

Besoek facebook.com/velddrifmileswimmingevent of bel Ross by 083 444 9939 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article