Mumtaz deel klere aan die Noordhoek-gemeenskap uit.

Mumtaz bereik duisende


Mumtaz Limitless het gedurende die laaste week van Augustus sowat 2 500 mense met verskeie uitreikprojekte bereik.

Dié organisasie sonder winsbejag, waaroor reeds voorheen weens sy gemeenskapswerk in Vredenburg berig is, het dié week poppekaste by verskeie skole aangebied. Die span het ook ouetehuise en gemeenskappe in Vredenburg en Noordhoek besoek, waar klere en Christelike leesstof uitgedeel is.

“Ons het ‘n baie besige week gehad, maar die harde werk is alles die moeite werd, veral as ons die impak van ons uitreikprojekte op die gemeenskap sien,” sê Henk Steyn, stigter van Mumtaz Limitless.

Die week se program is afgesluit met die organisasie se eerste jeugkamp in die Weskus, wat by die Dwarskersbos-kampterrein aangebied is. Jongmense van onder andere Ladismith het die kamp bygewoon.

Volgens Steyn was die kamp ‘n groot sukses.

Die impak van die kamp is ook in ‘n WhatsApp-boodskap van ‘n ma aan Mumtaz beskryf. Sy vertel dat haar dogter, wat sukkel om by die skool maats te maak, op die kamp drie nuwe vriende gemaak het.

Die meisie het ná die kamp ook haar gesin aangemoedig om elke dag saam ‘n Bybelvers te lees.

Steyn sê sulke terugvoer wys volgens hom hoe gemeenskapsuitreike nie net op die dag self ‘n verskil kan maak nie, maar ook tot verandering in mense se daaglikse lewens kan lei.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 1 October 2026
    Weslander E-Edition – 1 October 2026

Gift this article