Die Vredenburg-polisie ondersoek ‘n dubbele moord en poging tot moord in Paternoster ná ‘n skietery in die vroeë oggendure van Sondag 1 Maart.
Volgens die polisie is daar op vier mense in Madeliefiestraat, Paternoster, geskiet.
Kapt. Tania Helfrich, distrikswoord- voerder vir die Weskus-polisie, is Sebastian Engelbrecht (51) en ‘n onbekende man in die straat met skietwonde gevind waar hulle op die toneel gesterf het.
“Nog twee mans is met skietwonde aangetref, die een man (ouderdom onbekend) is in die gesig gewond en die ander (19 jaar oud) in sy been. Die motief vir die aanval word nog ondersoek.”
‘n Inwoner van Paternoster wat anoniem wil bly, meen die gemeenskap was in rep en roer oor die gebeure. “Hierdie soort voorvalle is nie iets wat gewoonlik in ons dorp gebeur nie.”




