Matthew Dreyden (MF Dreyden Hulpfonds), Mervyn Ruiter (hoof van Noordhoek Primêr), Lee-Ann Davids-Hartzenberg (hoof van Diazville Primêr), Gerald Carolus (hoof van die Hoërskool Velddrif) en prof. Michael le Cordeur (Direksievoorsitter van die SBA).

MF Dreyden Hulpfonds skenk boeke

VELDDRIF – Die jong Weskus-sjef en entrepreneur Matthew Dreyden, stigter van die MF Dreyden Hulpfonds, het onlangs byna 50 boeke van prof. Michael le Cordeur, direksievoorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), ontvang.

Die boeke sal tydens prysuitdelings aan leerders van Diazville Primêr, Noordhoek Primêr en die Hoërskool Velddrif oorhandig word.

Hierdie boeke is op Maandag 19 Oktober aan die hoofde van die drie skole gegee en vorm, volgens Dreyden, deel van die hulpfonds se pogings om leerders in nood in die Weskusstreek te ondersteun en hul toegang tot opvoedkundige hulpbronne en geleenthede te verbeter.

Die fonds beywer hom daarvoor om leerders op akademiese, sport- en kultuurvlak te ondersteun, met die doel om hulle te help om hul volle potensiaal te bereik, ongeag hul omstandighede.

“Ons wil graag vir leerders wys dat hul omstandighede nie hul toekoms hoef te bepaal nie. Deur in hul opvoeding en ontwikkeling te belê, kan ons hulle help om hul volle potensiaal te bereik,” sê Dreyden.

Die fonds beywer hom daarvoor om leerders op akademiese, sport- en kultuurvlak te ondersteun, met die doel om hulle te help om hul drome na te streef, ongeag hul omstandighede.

Dreyden sê die skenking verteenwoordig veel meer as net boeke. “Ons hoop om deur hierdie inisiatief ‘n volhoubare vennoot-

skap met SBA en die betrokke skole te bou en sodoende ‘n positiewe verskil in die lewe van Weskus-kinders te maak,” voeg hy by.

Die MF Dreyden Hulpfonds het ook sy dank teenoor Le Cordeur en SBA uitgespreek vir hul bydrae en bereidwilligheid om die volgende geslag te bemagtig.

LEES OOK: Sy passie vir kos kóók

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 November 2026
    Weslander E-Edition – 5 October 2026

Gift this article