Die Langebaan inwoner Mariëtte ­Vorster is onlangs as een van die Top-30-finaliste in Mevrou Suid-Afrika 2026 aangewys.

Volgens Vorster het die kompetisie haar reeds baie geleer. Wat haar persoonlik die meeste geraak het, is die voortdurende groei.

“Ek streef daarna om elke dag ‘n beter weergawe van myself te wees,” sê sy.

“Wanneer ek voel my krag raak min, ervaar ek hoe ek nuwe krag van bo kry en dit is presies waar die innerlike groei plaasvind. Om self-twyfel te oorwin en te besef dat jy ‘n uitdaging suksesvol kan aanpak, is ‘n ongelooflike bevredigende gevoel.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article