Kontant en 63 pakkies tik is by ’n huis in Gousblomstraat, Vanrhynsdorp, ontdek.

Mandrax en tik by huise gevind


Saterdagaand het die polisie ’n klopjag op twee huise in Vanrhynsdorp uitgevoer en op onderskeidelik tik en Mandrax-tablette in die twee huise afgekom.

Kapt. Tania Helfrich, die polisiewoordvoerder van die Weskus-distrik, het Maandag aan Weslander gesê 63 klein pakkies, wat vermoedelik tik ter waarde van R4 940 bevat, is in die eerste huis in Gousblomstraat gevind. ’n Vrou (40) is in verband met die tikvonds in hegtenis geneem.

Dieselfde aand is ’n man (38) ook in hegtenis geneem nadat ’n tweede huis in dieselfde straat deursoek is. In hierdie huis is 248 Mandrax-tablette ontdek.

Die twee verdagtes het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article