Marius Koen van die DA het Tyrone Williams van Good met een stem verslaan:
Een stem toe glad nie en hoekom kon hulle nie net vir daai vrou ‘n ander papier gee om te stem nie? Die mense is nie ernstig om die gemeenskap te dien nie, daar bly ‘n stryery onder hulle. Wat is so swaar om hul verskille een kant toe te skuif en ons as gemeenskap te dien? – Annedine Muggells
Mense, julle hoor nie, los politiek uit. Ek vra weereens: Wie het ‘n politikus gemaak? Nie ons Vader nie, maar ons hoor nie, ons wil nie die Here dien nie en hom ondersteun nie, so huil maar. – Gert Ungerer
Hoe korrup het ons wêreld nie geword nie. – Annetjie Dippenaar
Dis snaaks, as iemand verloor, is daar altyd ‘n probleem. – Marius Mattheus
Ongeluk op R27:
Dis die geelbaan-bestuursnonsens! Mense is te haastig op daardie pad, mense druk jou in daardie geel lyn om verby te kom, en dan gebeur dit van beide kante af vier motors in een stuk wat mekaar verbysteek, dis waansinnig hoe mense op die R27 ry. – Zueney Cilliers
Dis omdat die mense so jaag. – Engel Nicolene
Ons is baie op die pad. Mense wat te veel kanse. Sperstrepe met opdraendes waar mens niks van ander kant kan sien nie, word gereeld verbygesteek, maak nie saak vir ‘n kop-aan-kop botsing wat dit kan veroorsaak nie. Daar is omtrent elke dag as ons op die pad is so ‘n situasie. – Eugene Muller
Twee tienerseuns van Hopefield versmoor:
Alle simpatie aan die ouers en kyk mooi na die seun wat hulp gaan soek het. Dit is ‘n baie hartseer en tragiese voorval.– Elizma Louw
En alle kinders wil graag speel op sandhope en besef nie die gevaar nie, simpatie aan hul ouers. – Annie Willemse
Baie hartseer, my Innige meegevoel aan geliefdes. Mag Jesus julle styf vashou gedurende hierdie tragedie. – Suzie-Anna Ferreira
Dit is ongelooflik hartseer. Baie sterkte aan die familie en vriende wat hierdeur geraak is. – Luzelle Bredenhann



