Stap waaksaam in middedorp:

Hoekom moet ons as inwoners van Vredenburg waaksaam wees? Hoekom doen die polisie en wetstoepassers nie iets oor die misdaad (haweloses en menige inwoners) wat mense aanval, teiken ens. nie? Ons betaal belasting vir die munisipaliteit en sy werkers en dit sluit die nooddienswerkers in (polisie, abulans, munisipale werkers). – Dawie Fourie

Wat help dit ons meld dit aan by die polisie? ‘n Paar dae ná die voorval word iemand op heterdaad in Louwstraat betrap. Die polisie is gekontak – hy is wel bekend by die polisie ook – en hulle het hom nert opgelaai en op ‘n ander plek in Vredenburg gaan aflaai. – Francois Pienaar

Dit is hoekom dorpe se middedorp leegloop omdat die boosheid rondloop. – Anita Burger

Selfaangestelde karwagte in Breëstraat pla, sê inwoners:

Dit gaan my verstand te bowe dat sekere mense spasies vir hulle self wil claim. Die mense het die reg om hul ding te doen – dis nie bedel nie; dis ‘n diens wat hulle lewer, maar jy word mos ook nie gedwing om iets te gee nie. Ignoreer hulle en beweeg aan. Ek is ook moeg van mense wat kolonialistiese wette wil gebruik om ruimtes op te eis en ander wil verdryf. Los die vrot kommentaar, man. – Reginald Carolus

Karwagte is niks anders as georganiseerde bedel nie. Mense moet leer om hulle net te ignoreer en ophou om vir hulle geld te gee, dan is hul motief vir bedel weggeneem en sal hulle vanself verdwyn. Takel die bron van die probleem, nie die simptome nie. Beboet mense wat vir hulle geld gee. Hulle lewer hoegenaamd geen diens nie; hulle bedel net. – Pax Aquila

Hou op om vir hulle geld en kos te gee, dan sal hulle aanbeweeg. Ons doen dit aan onsself omdat ons skuldgevoel oorneem. Vredenburg se middestad behoort een van die dae aan hulle. – Wilma Claassen

Vincent pak vir Japan:

Well done, Vincent! Congratulations. Lovely human being. Well deserved. – Barbara Brown

Vincent, geniet dit; veilig wees. – Nicolene Baron

Good luck Weskus boy. – Jan Afrikaner

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article