Steveno van Rhyn.
Steveno van Rhyn. Foto: Alida Buckle

Die verdediging in die hooggeregshofsaak oor die verdwene sesjarige Joshlin Smith van Middelpos, Saldanha, het vandeesweek voortgegaan om polisiebeamptes te peper met vrae oor die beweerde marteling van twee van die beskuldigdes. ‘n Binneverhoor word gehou om die toelaatbaarheid van Steveno van Rhyn en sy medebeskuldigde, Boeta Appolis, se bekentenisse, wat op video vasgelê en gedokumenteer is, te bepaal. Dit is deel van die staat se bewysstukke.

Adv. Nobahle Mkabayi, wat Van Rhyn verteenwoordig, het sers. Dawid Johannes Fortuin van die teenontvoeringseenheid daarvan beskuldig dat hulle nie haar kliënt se beserings, wat hy glo vóór die onderhoude op 4 Maart 2024 opgedoen het, ernstig opgeneem en hom vir mediese behandeling gestuur het nie. Dit ondersteun die oortuiging dat polisiebeamptes martel Appolis Van Rhyn.

Fortuin was deel van die ondervragingspan wat omstreeks 22:00 dié aand begin het met ondervraging wat tot in die vroeë oggendure geduur het. Van Rhyn en Appolis beweer dat hulle deur die gesig geklap, met knuppels geslaan en gemartel is. Polisiebeamptes martel Appolis en Van Rhyn was ‘n sentrale tema in sy getuienis.

Hulle albei beweer die helikopter-metode, wat onder meer die onderstebohang aan ‘n staaf insluit, is op hulle toegepas. Hierdie metode wat polisiebeamptes op Appolis en Van Rhyn toegepas het, het verdere vrae oor marteling geopper.

Mkabayi wou ook by Fortuin weet of hy wel vir Van Rhyn oor sy swygreg ingelig het voordat die onderhoude die aand begin het. Fortuin het getuig dat Van Rhyn en ook Appolis se regte nie aanvanklik aan hulle voorgehou is nie omdat hulle op daardie tydstip net getuies en mense van belang in die ondersoek was.

Boeta Appolis. Foto: Alida Buckle

Fortuin het verskeie kere tydens kruisondervraging in die binneverhoor of verhoor-in-verhoor oor die beweerde marteling en aanranding van Van Rhyn en Appolis getuig dat hy wel hul regte aan hulle gelees het net nadat albei die polisie aangesê het om vir Kelly te vra waar Joshlin is.

Hy het voet by stuk gehou dat die beskuldigdes nie mishandel is nie, ook tydens adv. Fanie Harmse – wat namens Appolis optree – se kruisondervraging.

Fortuin het ook volgehou dat die polisie se prioriteit die nag van 4 Maart was om Joshlin op te spoor. Dit was reeds twee weke nadat Joshlin se ma, Kelly Smith, haar by die Saldanha-polisiestasie as vermis gaan aangee het. Appolis en Van Rhyn staan saam met Kelly tereg op aanklagte van mensehandel en ontvoering.

Fortuin het ook die getuienis van sy kollegas herhaal – dat Kelly glo op Appolis geskree en gevra het waarom hy “dit” aan haar doen. Dit was nadat Appolis en Van Rhyn aangedui het dat Kelly die een is wat weet waar Joshlin is.

Volgens Fortuin het Appolis glo net gesê: “Kelly, jy het dit mos gedoen. Vertel die polisiebeamptes die waarheid.”

‘n Rits polisiebeamptes en twee mediese dokters is reeds in die uitgerekte binneverhoor ondervra.

Regter Nathan Erasmus het versoek dat die staat sy saak Woensdag moet afsluit, sodat die verdediging hul kant van die saak kan stel. Hy het sy wens uitgespreek dat die binneverhoor teen Vrydag 11 April afgehandel sal wees.

Kelly Smith. Alida Buckle
Kelly Smith. Foto: Alida Buckle

. In ‘n vreemde sameloop van omstandighede op Dinsdag 8 April het swaar reën die dak van die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, op twee plekke laat lek – een waar Kelly sou sit en die ander waar haar regsverteenwoordiger, Rinesh Sivnarain, se skootrekenaar staan. Smith, wat weer eens olik gevoel het, was op daardie tydstip nie meer in die sitplek nie, maar Sivnarain moes skuif om skade aan sy rekenaar te voorkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article