Die rooster vir Gop-vergaderings in die Saldanhabaai- munisipale gebied.
Die rooster vir Gop-vergaderings in die Saldanhabaai- munisipale gebied.

Sê nou jou sê of, soos die gesegde lui, “bly vir ewig stil”.
Elke inwoner van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) kry nóú die geleentheid om hul insette te lewer om die munisipale area se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (Gop) te hersien en te wysig.
Openbare byeenkomste word tot Vrydag 17 Oktober gehou in al 14 wyke.
Inwoners word uitgenooi om insette te gee op die volgende maniere:

  • Google-vorm.
  • E-pos: idpbudget@sbm.gov.za
  • WhatsApp: 078 305 0682.
  • Direk aan die onderskeie wyksraadslede. As jy onseker is onder watter wyk jy val, vul jou adres hier in.
  • Direk aan die onderskeie wykskomiteelede.
  • By SBM se kantore. Bel hulle by 022 701 7000 (Vredenburg), 022 714 8000 (Saldanha), 022 707 5000 (Langebaan), 022 736 1043 (Laingville en St Helenbaai), 022 723 0500 (Hopefield).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article