Speurders by die Wes-Kaapse teenbende-eenheid vra die publiek om hulle te help om Dayaan Fataar op te spoor.
Hy is ‘n persoon van belang in ‘n ondersoek waar verskeie vuurwapens en ammunisie in die Kaap gevind is.
Volgens kapt. FC van Wyk, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, is daar Woensdag 1 Oktober inligting ontvang oor vuurwapens wat by ‘n huis in Weltevredenvallei, Mitchells Plain, gestoor word.
Die polisie het die perseel in Oakway deursoek en ‘n wapenvoorraad ontdek. Die onwettige vuurwapens en ammunisie was in koelbokse en kluise in die huis versteek.
Die persoon wat die huis gehuur het, was onopspoorbaar.
Hulle doen hiermee ‘n beroep op enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help om asseblief in verbinding te tree met speurderkolonel Bonginkosi Libala, die ondersoekbeampte in die saak, by 082 411 2042, speurdersersant Kevin Kok by 071 673 1768, of alternatiewelik Crime Stop by 08600 10111.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article