Die lewe van nóg’n jongmens is in die Saldanhabaai- munisipale gebied geëis. Foto: Eyasu Etsub | Unsplash

elke dag gaan daar mense dood

‘n baba

of iemand pleeg selfmoord

die misdade en gangsterism; gun- skoot

iemand word dood gevind in die sloot

die dood is elke dag oop

dood loop hier rond

kan iemand die dood eenkant toe stoot

dan’s daar natuurlike dood en ongelukke

ons verloor onse mense

dit was nie onse wense

wanneer dit my beurt is

hel of hemelpoort?

ek stel nog steeds belang in God se woord

kom ons bid

* Die gedig is geskryf deur die

Vredenburgse gospelrapper Thyrone Pieterse.

Thyrone Pieterse.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article