Hamlets met die wen tjek en die Jack Johnson Legacy Kampioen-beker.
Hamlets met die wen tjek en die Jack Johnson Legacy Kampioen-beker.

Hamlets en Schoonspruit wen Jack Johnson trofeë


Jack Johnson se droom om die beste span in Mamre te kry is uiteindelik bewaarheid, toe Hamlets RFC sy buurspan van die dorp Mamre RC in die eerste wedstryd na 53 jaar geklop het, om as die beste span van Mamre gekroon te word.

Die Jack Johnson Legacy Paasnaweek-rugbytoernooi het vanjaar weer rugbyliefhebbers vanaf Atlantis, Mamre , Pella en die Swartland saamgebring op die Mamre Sportterrein.

Die tweede uitgawe van die toernooi het nie net opwindende wedstryde opgelewer nie, maar ook ’n historiese oomblik toe Hamlets RFC ná 53 jaar vir die eerste keer Mamre RC geklop het en as die beste span in Mamre gekroon is.

Die toernooi het op Saterdag 4 April afgeskop met vier hoërskole en vier klubs wat mekaar die stryd aangesê het. Saxonsea en HTS Proteus het die eerste wedstryd afgeskop, met Proteus wat vinnig die voortou geneem het.

Saxonsea het dapper teruggeveg, maar Proteus se ervaring het hulle gedra om met 22–15 te wen. Schoonspruit, wat vir die eerste keer deelgeneem het, het Robinvale met ’n indrukwekkende 49–5 geklop en ’n sterk boodskap aan Proteus gestuur voor die finaal.

In die klubafdeling het Never Despair van Malmesbury hul krag gewys teen Young Eagles van Riverlands. Met vinnige drieë en ’n stewige voorsprong het Spairs die telling tot 36–8 vergroot en hul plek in die finaal verseker.

Die hoogtepunt van die dag was egter die derby tussen Hamlets en Mamre, die eerste ontmoeting in meer as ’n halfeeu. Mamre het vroeg voorgeloop, maar Hamlets het met vasberadenheid teruggeslaan en met 15–13 gaan rus.

Die tweede helfte was ’n titaniese stryd, maar Hamlets het sy kans benut ná ’n rooi kaart vir Mamre en vasgeklou aan ’n dramatiese 28–25 oorwinning.

Hamlets met die wen tjek en die Jack Johnson Legacy Kampioen-beker.
Hamlets met die wen tjek en die Jack Johnson Legacy Kampioen-beker.

Op Paasmaandag het Robinvale en Saxonsea mekaar vir die derde plek aangedurf. Robinvale het sterk begin en met 17–7 voorgeloop rustyd, maar Saxonsea het die bordjies verhang en met 26 punte in die tweede helfte die wedstryd met 33–17 gewen. In die hoërskoolfinaal het Schoonspruit Proteus totaal oorheers.

Met ’n rustydtelling van 15–0 en ’n tweede helfte vol kragtige aanvalle het Schoonspruit ’n klinkende 53–0 sege behaal en Proteus van die troon gestoot.

Mamre en Young Eagles het mekaar ook die stryd aangesê vir die derde plek in die klubafdeling. Mamre het die eerste helfte beheer en met 33–15 voorgeloop. Eagles het wel teruggeveg en 21 punte aangeteken, maar Mamre het met 57–36 gewen en derde geëindig.

Die groot eindstryd tussen Hamlets en Never Despair het die toeskouers op hul voete gehad. Spairs het aanvanklik die leiding geneem met 11-5 teen rustyd. Hamlets het egter in die tweede helfte momentum opgebou en spairs uitoorlê.

Met taktiese skopwerk en slim besluitneming het Hamlets 28 punte aangeteken en die wedstryd met 33–11 gewen.

Hiermee het hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar die Jack Johnson-trofee omhoog gehou.

Schoonspruit met die Jack Johnson Legacy toernooi Beker vir skole wat hulle gewen.

By die bekeroorhandiging het toernooidirekteur Morgan Sambaba die spanne, spelers en ondersteuners geloof vir hul opofferings en deelname. Hy het beklemtoon dat die Jack Johnson Legacy-toernooi nie net ’n sportgebeurtenis is nie, maar wat rugby ontwikkel op die Weskus en Swartland.

Stigterslid Jerome Johnson het sy trots uitgespreek oor die aansien wat die toernooi in die gemeenskap opgebou het en gesê dat die droom van sy seun, Jack Johnson, nou werklik ’n nalatenskap geword het.

Die toernooi het ook geskiedenis gemaak toe Visie-president Pat Marran van die Boland en Westelike Provinsie-president Kevin Kiewiets by die opening opgedaag het om hul steun te toon en die organiseerders sterkte toe te wens.

Hierdie teenwoordigheid het die status van die toernooi verder verhoog en gewys dat gemeenskapsrugby ’n belangrike rol speel in die groter rugbystruktuur van die provinsies.

Met Hamlets wat die trofee vir ’n tweede agtereenvolgende jaar omhoog gehou het, en die gemeenskap wat in volle getalle opgedaag het, is dit duidelik dat die Jack Johnson Legacy Paasnaweek-toernooi ’n vaste plek in die plaaslike sportkalender het.

Uitslae: 4 April 2026

Skole:

Saxonsea 15(7) – 22(15) Proteus, Schoonspruit 49(13) – 5(5) Robinvale

Never Despair 36(29) – 8(3) Young Eagles, Hamlets 28(15) – 25(13) Mamre

Finale Uitslae: 6 April

Skole:

Robinvale Hoërskool 33(7) – 17(17) Saxonsea Hoërskool (3de en 4de posisie), Ptoteus HTS 0(0) – 53 (15) Schoonspruit Hoërskool(Eindstryd)

Klubs: Mamre 57 (33) – 36 (15) Young Eagles (3de en 4de posisie), Hamlets 33(5) – 11(11) Never Despair

Spesiale toekening

Skole speler van die wedstryd – Aiden Alexander (Shoonspruit SS)

Klub speler van die wedstryd – Jordan Abels(Hamlets)

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article