Sondag (5 April) was ‘n moeilike dag vir die families en vriende van wyle Wilbert Soegope, Tervin Coetzee en Macneil Lewis. Kruise en blomme is vir al drie by die toneel van die ongeluk op die Hopefieldpad (R45) opgerig. Jennifer Soegop, Wilbert se suster, sê dit was ‘n emosionele dag vir almal. Die botsing waarin hulle op Sondag 29 April omstreeks 17:45 op dié pad dood is, het naby die Elandsfontein-myn gebeur. Twee voertuie was betrokke en ses mense is oorlede. Die Weskus is steeds in ongeloof en skok, maar koester die goeie herinneringe. Al drie se begrafnisse vind Saterdag (11 April) plaas. Dié van Soegop en Coetzee begin om 08:00 by Kraaistraat 3, Vredenburg, en daarna om 09:00 by die Louwville-gemeenskapsaal. Lewis se begrafnisdiens vind om 09:00 by Proteastraat 10,Hopefield, en daarna om 10:00 by die Anglikaanse kerk, Hopefield plaas. By die kruise staan Wilfred Soegop, Lewellyn Koen en Jeanetta Koen.

Familie lê kranse vir geliefdes

Kruise al wat aan drie herinner

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article