‘n Voetganger is Dinsdag (23 Junie) by die Langebaanweg-kruising op die R45 getref.
Volgens kapt. Tania Helfrich van die Weskus-polisie distrik het die ongeluk omstreeks 20:00 gebeur. Die man van ongeveer 35 jaar oud is deur ‘n voertuig getref en nog voertuie het glo oor hom gery.
Helfrich bevestig dat geen voertuig egter op die toneel agtergebly het nie.
Nóg ‘n ongeluk het op Vrydag 19 Julie by die R27- en Brakkefonteinweg-kruising gebeur.
Provinsiale verkeer bevestig dat ‘n motorfiets, ‘n vragmotor en twee ligte voertuie betrokke was.
Ongelukkig het ‘n volwasse manlike fietsryer noodlottige beserings opgedoen en hy is op die toneel dood verklaar.


