Die voertuig waarin die rowers gevlug het is verlate in Middelpos, Saldanha gevind.Foto:

Gewapende rowers teiken bekende gasverskaffer in Vredenburg


Gewapende rowers het Maandagoggend 30 Januarie, met oopmaaktyd ’n bekende gasverskaffer in Vredenburg geteiken.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik het vier gewapende mans die sakeonderneming binnegaan en die personeel aangehou.

Die gemaskerde rowers het met ongeveer R50 000 kontant, die personeel se selfone en ’n kaartmasjien in ’n maroen-kleurige 220 Mercedes Benz van die toneel gevlug. Die personeel is getraumatiseer maar niemand is in die voorval beseer nie.

Dié voertuig is kort daarna verlate in Middelpos, Saldanha teruggevind. Ander nommerplate is gebruik tydens die roof en was reeds verander toe die voertuig gevind is.

Helfrich sê alle leidrade word tans opgevolg om die rowers vas te trek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article