GBV kry rampstatus: 16 Dae van Aktivisme op Vredenburg begin met staptog

Die staptog in Vredenburg se hoofstraat. Foto: Danie Hefers
Die staptog in Vredenburg se hoofstraat. Foto: Danie Hefers

Die Nasionale Rampbestuursentrum het verlede week geslagsgebaseerde geweld (GBV) en vrouemoord tot nasionale rampstatus verhef.

Die 16 Dae van Aktivisme is op Woensdag 26 November in die Weskus in Vredenburg van stapel gestuur met ‘n bewusmakingsstaptog deur die hoofstraat. Deelnemers het pers of swart gedra ter ondersteuning van die veldtog om te wys dat die Weskus-gemeenskap ferm staan teen geweld.

Vredenburg se hoofstraat is gister (Woensdag 26 November) ingevaar ter bewusmaking van die hoë syfers van geslagsgebasseerde geweld en vrouemoord in die Weskus-gebied. Foto regs: Van links stap Carol Feris (rampbestuur: Saldanhabaai-munisipaliteit), Lindie Kleynhans (hoof: wetstoepassing en polisiëring), kol. Lindie Marx (Vredenburg-polisiehoof), Mario Jacobs (senior bestuurder van openbare veiligheid) asook Akhona July en Cathleen Mentu van korrektiewe dienste. Foto: Danie Hefers

Volgens Joey Pieters, die gemeenskapsveiligheidskoördineerder van die Saldanhabaai-veiligheidsinisiatief (SBSI), het die staptog as bewusmaking van die hoë voorkoms van geslagsgebaseerde geweld teen vroue, kinders en mans in die Weskus gedien.

Die SBSI is ‘n vennootskap tussen die Saldanhabaai-munisipaliteit, wetstoepassingsafdelings, nooddienste en gemeenskapsorganisasies.

Pieters sê hulle wil die kollektiewe boodskap van veiligheid, respek, waardigheid en beskerming vir almal versterk.

Vanjaar se tema van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog is “Letsema: Mans, vroue, seuns en meisies werk saam om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te beëindig”.

Foto’s deur Danie Hefers:

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article