Eric Horn van Langebaan stap Juniemaand met die lourere weg met sy inskrywing, “Monkey See”

Fotograwe kry beligting reg

Eric Horn van Langebaan stap Juniemaand met die lourere weg met sy inskrywing, “Monkey See”

Die Swartland-fotografieklub het verlede Donderdag (11 Junie) sy maandelikse byeenkoms in Piketberg aangebied, met deelname van fotograwe van reg oor die Weskus, insluitend Langebaan en Aurora.

Hoewel die bibberweer vir min bywoning gesorg het, was die aand gevul met warm geselskap en ongelooflike foto’s.

Inskrywings van altesaam 67 digitale foto’s is deur Alida Heine (Somerset-Wes) beoordeel, terwyl Soreen Gouws (Piketberg) die gedrukte foto’s beoordeel het.

Die temakategorie vir die aand was “hoë-tonale/beligtingsfotografie” of, soos dit in Engels bekend staan, high key. Dit is deur lede as ‘n lekker uitdaging beskou.

Die foto wat die beste gevaar het was “Kgalagadi in Hi Key” deur Desere Coetzer (Paarl).

Die selfoonkategorie is gewen deur Antoinette Muller (Aurora) met haar inskrywing “Velddrif’s Lifeline”. Muller het ook die afdeling vir gedrukte foto’s gewen met “Eyes that Know”.

Die selfoonkategorie was gewen deur Antoinette Muller (Aurora) met haar inskrywing, “Velddrifs Lifeline”.
Die selfoonkategorie was gewen deur Antoinette Muller (Aurora) met haar inskrywing, “Velddrifs Lifeline”.

In die monokroom-afdeling is Ciszanne Horn (Langebaan) as wenner aangewys met “Wild Rivalry”. Sy het ook die senior afdeling met “Observing the Savannah” gewen.

Die aand het egter behoort aan Eric Horn (Langebaan), wat met sy inskrywing “Monkey See” geseëvier het as wenner van die ope kategorie, junior afdeling, sowel as die algehele wenner.

Die klub is opgewonde oor die komende multi-dissiplinêre werkswinkel wat op Saterdag 25 Julie sal plaasvind, waar lede meer sal leer oor selfoon- en monokroomfotografie, insluitend kreatiewe kamerategnieke.

“Kgalagadi in Hi Key” deur Desere Coetzer (Paarl). Haar inskrywing was die temakategoriewenner van die aand.
“Kgalagadi in Hi Key” deur Desere Coetzer (Paarl). Haar inskrywing was die temakategoriewenner van die aand.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article