Dagboek-inskrywings is gratis. Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word. Stuur e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ‘n WhatsApp na 082 576 0453 met jou inskrywing.

Donderdag 22 Oktober

Twee Stemme, Een Verhaal is ‘n intieme Afrikaanse musiekteaterproduksie met Wouter van de Venter en Etienne Steyn. Dié twee sal by Die Koelkamers in Paternoster optree. Met twee kitare, twee unieke stemme en dekades se ervaring neem hulle die gehoor op ‘n reis vol stories, lag, nostalgie en die mooiste Afrikaanse musiek. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos tussen R207 en R345. Bespreek by Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.

Maandag 26 Oktober

Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 by die Metodistekerk-saal in Hospitaalstraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.

Saterdag 24 Oktober

The West Coast Art Competition 2026 will conclude with a prize-giving exhibition and charity auction in aid of the NSRI. The event will showcase selected competition artworks alongside works by well-known artists. It will take place at 16 Mile Beach, Yzerfontein. Tickets cost R350 per person, available on Quicket. Contact 076 096 7270 for more information.

Gieters & Goeters bied Ouma se Kaskenades aan by Houtstraat 10, Vredenburg. Die mark vind van 09:00 tot 14:00 plaas, en bied onder meer tuinprodukte en saad, houtwerk en dekor, handgemaakte oorbelle, kinderklere, sagte speelgoed, gebak en plaasprodukte. Maak seker jy loop dit nie mis nie.Vir meer inligting, kontak Andrea Geyer by 072 248 7748.

In hierdie unieke broer-en-suster-vertoning neem Loki en Margot Rothman gehore op ‘n reis deur die stories, herinneringe en musiek wat hul familie oor die jare gevorm het. Met oorspronklike liedjies en geliefde gunstelinge word lag, nostalgie en die besondere band van familie gevier. Hierdie vertoning vind by Die Koelkamers plaas om 17:00. Kaartjies kos tussen R230 en R391. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.

Sunday 25 October

Ms. B-Haved starring Sue Diepeveen is coming live to Die Koelkamers at 12:00. Ms. B-Haved explores the extremes expected from educators, parents and learners in an ever-shifting world and the reaches of ‘cancel culture’ that have become the norm. Tickets cost between R136 and R276. To book visit www.diekoelkamers.com.

Wednesday 28 October

Harbour of Wellness in Saldanha will be holding its annual general meeting at 11:00. Everyone is welcome.

Vredenburg-tuinbouklub vergader om 10:00 by die kerksaal van die Hervormde kerk in Japie Burgerstraat, Vredenburg. Die spreker is Mossie Basson en die tema is groentetuine in die Weskus. Kontak Erna by 083 285 2729 vir nog inligting.

Sunday 29 November

The Song of Hope Gospel Event will take place at the Multi-Purpose Centre in Saldanha Bay at 16:30. The event will feature Newie, ­Malvin Domingo and a live band, with AFM St. Helena Bay General Overseer as host. Tickets are R120 (adults), R150 (at the door) and children u.12 cost R50. Phone 074 516 1287 or 084 368 5352 for bookings. Contact 067 638 8957 for general enquiries

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article