Dagboek-inskrywings is gratis. Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word. Stuur e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ‘n WhatsApp na 082 576 0453 met jou inskrywing.
Vrydag 17 Julie
Alkoholiste Anoniem Saldanha vergader van 18:30 tot 19:30 by die Hoedjiesbaai-hotel in Hoofstraat. Bel Kelly by 082 410 3952 vir nog inligting.
Saterdag 18 Julie
Die Weskus-wynveiling vind om 18:30 by Sea Trader in St. Helenabaai plaas. Kaartjies kos R400 per persoon en is beskikbaar by die NG kerk in St. Helenabaai. Skakel 071 336 8793 vir nog inligting.
Weskus Kallie tree op by die Noordblinder in St. Helenabaai vanaf 20:00. Kom loer gerus in en beleef die Weskus op sy beste. Skakel 076 956 0073 of 076 486 4758.
Sondag 19 Julie
Schalk Bezuidenhout keer Sondag 19 Julie om 15:00 terug na Die Koelkamers op Paternoster met sy splinternuwe Engelstalige eenmanvertoning, Hey hey, Divorcé. Kaartjies kos tussen R207 en R345. Bespreek by www.diekoelkamers.com.
Maandag 20 Julie
Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 in die Metodiste-kerksaal in Hospi-
taalstraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.
Vrydag 24 Julie
Weskus Kallie tree by Maanhaar in Velddrif op vanaf 21:00. Skakel 076 956 0073 of 076 486 4758.
Woensdag 29 Julie
Die Vredenburg-tuinbouklub vergader om 10:00 by Frank’s tuinsentrum in Saldanha. Spreker: Lynn van Efekto. Tema: Winter tot lente: wat doen ons in die tuin? Daar sal ook ‘n werksessie wees oor hoe om ‘n mussie te maak. Vir meer inligting kontak Erna by 083 285 2729.
Vrydag 31 Julie
Weskus Kallie is by Hoofkantoor in Saldanha vanaf 20:00. Kom loer gerus in, en bekyk hul nuwe Chinese spyskaart. Skakel 076 956 0073 of 076 486 4758.
Saturday 1 August
If you are looking for an outlet to sell your unwanted goods, join us at the Car Boot Market at the Catholic church grounds, Suffren Street, Langebaan, from 08:00 to 12:00. Call or WhatsApp 083 779 5127 to book your spot.
Friday 7 August
Siyabonga Care Village will host its Celebrate Me Women’s Day Fundraiser from 10:00 to 12:00 at the NG church Hall in Vredenburg (Akkerdyk). The event will feature South African Idols 2007 runner-up Andriëtte Norman as guest speaker and singer. Tickets cost R200 and include a light meal, something sweet, a small gift, coffee, tea and juice. Proceeds will support Siyabonga’s residential and daycare programmes for vulnerable children, abused women and people with disabilities. Call 079 530 6761 or 022 713 5730 to book.
The Corner Coffee Shop in Saldanha bied vanaf 11:00 ‘n besigheidsnetwerkbyeenkoms vir entrepreneurs en professionele persone aan. Ligte verversings beskikbaar. Bel 078 705 8185 of 084 285 3538.





