Dagboek-inskrywings is gratis en moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word. Stuur e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ‘n WhatsApp na 082 576 0453 met jou inskrywing.
Vrydag 24 Julie
Alkoholiste Anoniem Saldanha vergader van 18:30 tot 19:30 by die Hoedjiesbaai-hotel in Hoofstraat. Bel Kelly by 082 410 3952 vir nog inligting.
Weskus Kallie tree by Maanhaar in Velddrif op vanaf 21:00. Skakel 076 956 0073.
Saturday 25 July
Thriller: The MJ Dance Tribute is a high-energy stage show celebrating the music and legacy of Michael Jackson. Starring Eagan Feb, the production recreates MJ’s iconic performances with live vocals, signature choreography, and authentic costumes. He will be performing live at Die Koelkamers in Paternoster at 17:00. Tickets cost between R184 and R322. To book visit www.diekoelkamers.com.
Sondag 26 Julie
Corlea en JD Mars bring hul Kaapse Toer na Die Koelkamers om 12:00. Corlea en JD Mars kan nie meer verskillend klink nie – haar “soet en helder”, teenoor sy “grof en diep” – en juis daarin lê ‘n klank wat die gehore gaande het oor hierdie paartjie. Kaartjies kos tussen R230 en R345. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.
Maandag 27 Julie
Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 in die Metodiste-kerksaal in Hospi- taalstraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.
Woensdag 29 Julie
Die Vredenburg-tuinbouklub vergader om 10:00 by Frank’s tuinsentrum in Saldanha. Spreker: Lynn van Efekto. Tema: Winter tot lente: wat doen ons in die tuin? Daar sal ook ‘n werksessie wees oor hoe om ‘n tussie-mussie te maak. Vir meer inligting kontak Erna by 083 285 2729.
Besoek weslander.co.za vir nóg dagboekinskrywings.




