Vrydag 19 Junie
In Helenè Bester sing Nana Mouskouri bring die bekroonde sangeres Helenè Bester ‘n roerende huldeblyk aan die tydlose Griekse ikoon in ‘n elegante, romantiese produksie. Geskryf en geregisseer deur Frans Swart, met Heinrich Pelser op kitaar. Die vertoning vind by Die Koelkamers plaas om 19:00. Kaartjies kos tussen R184 en R345. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.
Alkoholiste Anoniem Saldanha vergader van 18:30 tot 19:30 by die Hoedjiesbaai-hotel in Hoofstraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.
Saturday 20 June
Experience an unforgettable evening of musical theatre with Jannie Moolman and Riaan Hunter in Centre Stage – From Broadway to the West End at Die Koelkamers. A celebration of some of the greatest musicals ever written. The show starts at 17:00 and tickets cost between R230 and R414. To book visit www.diekoelkamers.com.
Maandag 22 Junie
Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 in die Metodistekerk se saal in Hospitaalstraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.
Dinsdag 23 Junie
Alkoholiste Anoniem Langebaan vergader van 18:30 tot 19:30 by die Windtown Hotel in Breestraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.
Woensdag 24 Junie
Die Vredenburg-tuinbouklub vergader om 10:00 by die Weskusspens-padstal. Die spreker vir die dag is Anne-Marie Thom. Die tema: Kruie in die Weskus. Kontak Erna by 083 285 2729 vir meer inligting.
Sunday 5 July
Azure Gymnastics Club’s uplifting Gospel Concert in Langebaan with Dumisani, led by pastor Kevin Booysen, with local artists. Experience a night of praise, worship and inspiration. The event is hosted to support the development of young gymnasts at the Azure Gymnastics Club. The concert starts at 16:00 and tickets start at R60. Visit quicket.co.za to book.




