Louwville-rugbyklub het op Saterdag 25 Julie sy Bulletjie-dag op die Witteklip-sportveld aangebied waar jong rugbyspelers, ouers en gemeenskapslede vir ‘n dag van rugby en samehorigheid byeengekom het. Spanne in die o.8- en o.9-ouderdomsgroepe was in aksie, met verskeie wedstryde wat plaasgevind het en pryse wat toegeken is. Benewens die rugby was daar ook stalletjies waar plaaslike entrepreneurs en gemeenskapslede kos, lekkers, drankies en ander produkte verkoop het. Spelers het gratis toegang geniet, terwyl onder- steuners ‘n toegangsfooi betaal het om die dag se verrigtinge by te woon. Die doel van Bulletjie-dag is om gemeenskapsamehorigheid te bevorder en hierdie dag deel te maak van die kultuur van die breë Louwville-gemeenskap. Organiseerders beoog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak met die hulp van borge . Hulle wil graag hê alle woongebiede in Vredenburg moet spanne inskryf.

Bulletjie-dag bring jong rugbytalent en gemeenskap byeen

Dag van die bulletjies

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 July 2026
    Weslander E-Edition – 30 July 2026

Gift this article