Lena Waterboer (derde van links), saam met die personeel van Louwville kliniek.

Blomme wys ‘dankie’


Vir Lena Waterboer is om in die gemeenskap terug te ploeg, nie net ‘n eenmalige gebaar nie.

Dié Vredenburger het onlangs haar waardering aan die personeel van die Louwville-kliniek gewys deur 20 ruikers blomme uit te deel. Sestien van die ruikers is aan die kliniekpersoneel, verpleegkundiges en die skoonmaker gegee.

Die ander vier is oorhandig aan bejaardes wat dié dag by die kliniek was.

Waterboer sê die gebaar was haar manier om dankie te sê aan die personeel vir hul daaglikse diens aan die gemeenskap. Die ruikers was net om te sê: “Ons waardeer wat hulle vir ons by die kliniek doen,” het sy gesê.

Volgens Waterboer het die personeel die gebaar baie waardeer. Haar liefde om iets vir ander te doen, het haar al by verskeie gemeenskapsuitreike betrokke gehad. Sy het al onder meer ook kos en klere aan mense uitgedeel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article