Die Weskus se beste 8-bal-potspelspelers het op Saterdag en Sondag 10 en 11 Oktober kragte gemeet tydens die 2026 West Coast 8 Ball Pool Regional Closed Competition, waar ses kampioenskapstitels op die spel was.
Die kompetisie het spelers die geleentheid gebied om hul vaardighede in verskeie afdelings te toets, met strawwe mededinging en opwindende wedstryde wat die naweek gekenmerk het.
Die ses afdelings waarin spelers meegeding het, was senior enkelspel, senior dubbelspel, vroue-enkelspel, ope-enkelspel, ope-dubbelspel en gemengde dubbelspel.
Gert Hibbert, Inelda Heyns en Jaundre Rabie het elk twee titels tydens die kompetisie verower.
Hibbert het die senior enkelspel-afdeling gewen en saam met Jaundre Rabie ook die ope-dubbelspeltitel verower.

Rabie het op sy beurt die ope-enkelspeltitel losgespeel, terwyl Inelda Heyns in die vroue-enkelspelafdeling koningin gekraai het.
Heyns en Eduard Roder het saamgespan om die gemengde dubbelspel te wen. In die senior dubbelspelafdeling het Gerrit Myburgh en Terrence Meyer met die kampioenskapstitel weggestap.
Hoewel die kampioenskapstitels op die spel was, was die naweek volgens die organiseerders ‘n viering van sportmanskap, vriendskap en die spelers se gedeelde passie vir pool.
Die organiseerders het die deelnemers en ondersteuners vir hul bydrae tot die sukses van die kompetisie en die voortgesette groei van 8-bal-potspel in die Weskus bedank.
• Bel Gert Hibbert by 083 287 6833 of Inelda Heyns by 066 034 5751 vir navrae.
LEES OOK: Juniors leer oor potspel





