JACOBSBAAI – Bergfietsentoesiaste en liefhebbers van die buitelewe kan komende Saterdag (3 Oktober) hul fietse regkry vir die Rotsvas-gemeente se bergfietsuitdaging op die omliggende plase. Die uitdaging bied deelnemers die keuse tussen twee roetes van onderskeidelik 15 en 25 km, wat hulle deur die skilderagtige omgewing van Jacobsbaai sal neem.
Talle pryse is op die spel.
Na afloop van die bergfietsuitdaging word ‘n Kersmark aangebied, waar deelnemers en besoekers hulself aan ‘n verskeidenheid lekkernye en vars plaasprodukte kan verlustig.
Alle inskrywingsfooie gaan ten bate van die opgradering van die Rotsvas-gemeente se fasiliteite en die Hulp van Bo-fonds, wat hulp aan behoeftige mense in die breë gemeenskap bied.
Kontak Pieter by 079 525 3150 of Nico by 079 303 6110 vir inligting.




