Terwyl almal hul sente omdraai, is dit ’n daaglikse stryd vir organisasies wat na die mees kwesbare kleintjies in die gemeenskap kyk.

In die aanloop tot Kinderbeskermingsweek (29 Mei tot 5 Junie) het die Barmhartigheidsdiens van Suid-Afrika (Badisa) gesê dit is moeilik om hul noodsaaklike dienste te bied weens laer staatsubsidies.

Tans beloop die subsidies ontvang deur Badisa van die departement van maatskaplike ontwikkeling slegs 42% van die salarisskaal.

Basie van Wyk, uitvoerende hoof van Badisa, het sy erge kommer oor die dringende behoefte aan volhoubare finansiering uitgespreek.

“Badisa is daartoe verbind om alle mense te dien wat hulp nodig het, en ons wil nie ons dienste opskort nie, veral as die vraag in ons land aanhou styg,” sê Van Wyk.

Hy beklemtoon die organisasie se voortgesette onderhandelings met die staat vir voldoende finansiering en doen ’n beroep op die privaatsektor vir ondersteuning in sy missie om hierdie noodsaaklike dienste te lewer.

. Besoek www.badisa.org.za vir inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article