Alonso Brutus (13) van St Helenabaai.
Alonso Brutus (13) van St Helenabaai.

Alonso se rugbydroom kry groot hupstoot


ST HELENABAAI – Alonso Brutus (13) het die geleentheid van ‘n leeftyd gekry om aan sy rugbydrome te werk. Alonso het ‘n volle beurs vir vyf jaar van die Hoërskool Durban ontvang.

Vir die jong rugbyspeler is die beurs die resultaat van jare se harde werk en toewyding aan die sport. “Dit beteken baie vir my. Daar is nie een mens in my familie wat so iets gekry het nie,” sê Alonso, wat ook graag sy prestasie met sy gemeenskap wil deel.

“Werk hard in die skool en beoefen jou sport,” is sy boodskap aan ander jongmense wat hul eie drome wil verwesenlik.

Rugby loop volgens Alonso diep in sy familie. Sy oupa het rugby gespeel en sy ma het hom van jongs af aangemoedig om in sy oupa se voetspore te volg.

Sy droom is veel groter as om net op skoolvlak sukses te behaal. Hy hoop om eendag die Springbok-trui aan te trek en sy dorp en land trots te maak.

Alonso Brutus in aksie.
Alonso Brutus in aksie.

Die jong speler besef dat die pad na sy droom nie maklik sal wees nie, maar hy glo in homself en beskou die beurs as ‘n groot geleentheid om sy doelwitte te bereik.

Vir Alonso is die vyfjaar-beurs nie net ‘n beloning vir sy prestasies tot dusver nie, maar ook die begin van ‘n nuwe hoofstuk waarin hy sy rugbytalent verder kan ontwikkel en groter drome kan najaag.

LEES OOK: Jong talent op dreef.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article