Jade Izaks (48) van Namibië. Foto: Facebook

Alida Buckle

Die 48-jarige Namibiese burger wat die afgelope naweek in die Saldanhabaai- omgewing as vermis aangemeld is, se lewelose liggaam is op ‘n plaas tussen Vredenburg en Paternoster gevind.

Jade Izaks (42) van Rehoboth se familie het Sondag na hom begin soek omdat sy foon afgegaan en hulle nie sy bewegings verder kon naspeur nie. Hulle het wyd en syd op sosiale media om hulp gevra om hul geliefde oom op te spoor.

Hulle het Saterdag 17 Mei om 17:30 die laaste keer van hom gehoor, met sy ligging wat gewys het dat hy in Saldanha was. Hy het ook sy laaste Facebook-pla-

sing omstreeks dié tyd gemaak. Die

familie was uiters bekommerd, aangesien hulle gevrees het dat hy homself dalk leed sou aandoen.

Die kennisgewings het van sy groen baadjie, wat hy ook op die foto hiernaas dra, melding gemaak. Volgens kapt. Tania Helfrich, ‘n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het iemand Maan-

dagoggend op Izaks se liggaam afgekom.

Die Vredenburg-polisie het ‘n geregtelike nadoodse ondersoek geopen en die familie is op pad van Namibië om hom te kom uitken. Die lykskouing sal bepaal wat die oorsaak van sy dood was.

Uit wat op Izaks se Facebook-plasings afgelei kan word, het hy ‘n nagmerrie-

ervaring met ‘n onlangse reis na Rusland gehad waar hy gesukkel het om sy Suid-Afrikaanse geld in die hande te kry. Hy skryf dat hy sy motor verkoop het om sy droomreis na Rusland te finan-

sier, maar dié ervaring het hom bedroef gelaat. Hy het sy retoerkaartjie vir die einde van Junie vervroeg, maar om by die lughawe uit te kom, het hy selfs probeer om die skootrekenaar wat hy by hom gehad het, vir taxigeld te verkoop.

‘n Weldoener het egter vir hom geld gegee om terug te kom op die lughawe. Hierna het hy Kaapstad besoek.

Hy het die meeste van sy goed by ‘n oornagplek gelos voordat hy op Saterdag 17 Mei na die Weskus begin reis het.

‘n Werker op die plaas het glo op Izaks se lyk afgekom.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article