Dié 528 daggastoppe is by Allister van Rooyen (49) gekry, wat op Dinsdag 8 April in Merindolstraat, Riebeek-Wes, aangekeer en deursoek is. Hy het reeds op Woensdag 9 April in die Malmesbury-landdroshof op aanklag van die onwettige handel in dagga verskyn. Foto’s: SAPD

Adriaan Arries (29) het Maandag (14 April) in die Porterville-landdroshof verskyn op aanklag van besit van dié vermoedelik gesteelde goedere nadat hy Sondagaand in Porterville in hegtenis geneem is. Arries het na bewering goedere by Corcon-konstruksie gesteel en daarmee deur landerye probeer vlug. Hy is egter agternagesit en die goedere is in sy besit gekry.
Die 31-jarige Kuhle Zondo van Ongegund is Sondag (13 April) om 19:50 in Vredenburg in hegtenis geneem vir die besit van dié nagemaakte vuurwa- pen. Zondo het in ‘n wit Volkswagen City Golf sonder nommerplate gesit. Die voertuig is opgemerk en deursoek. Dié nagemaakte wapen is onder die bestuurdersitplek gevind. Zondo het Maandag (14April) in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article