St. Helenabaai se nuutverkose gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wil hom aan die gemeenskap voorstel en nooi om saam met hulle te werk.
Die GPF is in Februarie in die Steenberg’s Cove-gemeenskapsaal verkies.
Die voorsitter, Clarence Duiker, sê die missie en die visie van die forum is om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak en saam met die gemeenskap sowel as die polisie te werk om misdaad te bekamp. Buurte in die dorp het elkeen ’n eie buurtwag.
Duiker nooi die gemeenskap om hom by 082 615 7282 te kontak indien hulle enige navrae het.




