Talle polisiekantore oor Suid-Afrika heen is tydens kragonderbrekings onbereikbaar en beamptes in blou sit soms in die donker en sonder telefone wat werk. In Hopefield is lede ook afhanklik van ’n selfoon om inkomende oproepe te hanteer wanneer die krag af is. Die wykskomiteelede van die Saldanhabaai-munisipaliteit se wyk 7 het daarom ’n geldinsameling van stapel gestuur om die Hopefield-polisie te help om te alle tye vir die publiek bereikbaar te wees.
Die eienaars van Simply Bee, Pierre en Helena van der Westhuizen, en Flippie en Magda Melck, die eienaars van die Melckfontein-boerdery, het gesamentlik genoeg geld geskenk sodat die wykskomitee die nodige toerusting kon koop om krag te voorsien en ’n nuwe selfoon vir meer telefoonlyne na die polisiekantoor aan te skaf.





