Weskus Fruit and Veg Mark was die teiken van misdaad.Foto: Noluvu Ludidi


Misdadigers raak al meer uitgeslape wanneer dit by misdadige aktiwiteite kom.

Weskus Fruit and Veg Mark was Woensdag 26 Julie die teiken van misdaad nadat diewe toegang tot die winkel verkry het.

Volgens Callie Engelbrecht, die eienaar, het hul alarms omtrent 00:00 afgegaan. Engelbrecht vertel dat veiligheidswagte na die toneel was, maar hulle het niks verdags gesien nie.

Engelbrecht sê die diewe moes verhinder gewees het, maar het weer na die perseel teruggekeer. “Die inbrekers het deur die dak toegang tot ons kantore verkry en probeer om die kluis oop te maak. Hulle het ook die alarms se drade gesny.”

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, word ’n klag van inbraak en diefstal ondersoek. Sy het bevestig die inbrekers het toegang deur die dak verkry.

“Die eienaar het egter seker gemaak dat alle deure en vensters behoorlik gesluit is voordat hy gery het. ’n Slypmasjien is by die kluis gevind, maar geen toegang is tot die kluis verkry nie. Ongeveer R3 000 se vleis is egter gesteel,” sê Helfrich.

Engelbrecht sê die misdaad was egter onnodig.

“Die diewe gee glad nie om nie; hulle doen net wat hulle wil, en baie skade word aangerig.”

Met die styging van misdaad onder ondernemings voel hy almal moet nou saamstaan en saamwerk.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article