Skryf nou in vir Boer soek ’n vrou!
Vir bykans twee dekades reeds bewys kykNET se gewilde maatsoekreeks Boer soek ’n vrou dat dit ongetwyfeld ’n liefdeswenresep is. Tientalle Suid-Afrikaanse boere het sedert 2007 die liefde van hul lewe danksy dié gewilde maatsoekreeks gevind.
Só het die 15de seisoen wat vroeër vanjaar op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai is, liefde aan drie van die top-vyf boere besorg.
Vandag blom die liefde behoorlik vir Louis B, terwyl Hennie en Eloïse, asook Francois en Vanessa, verloof is. Boonop het Francois en Vanessa onlangs die trotse ouers van ’n pragtige babaseuntjie geword.
Borrelende Marciel Hopkins, gesoute Boer soek ’n vrou-aanbieder, sê dit is vir haar ’n reuse-voorreg om Boer soek ’n vrou vir ’n vierde seisoen aan te bied.
“Ek is elke jaar van vooraf opgewonde oor al die nuwe mense wat ek gaan ontmoet, die mooi plekke van ons land wat ek sal sien en natuurlik ook die pragtige liefdesstories wat geskryf gaan word.” En, nou soek kykNET ’n nuwe oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 16de seisoen. Só kan boere inskryf:. Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;. Bel: 079 614 2229. Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
Belangrike inligting:. Foto’s en afskrifte van geldige Suid-Afrikaanse ID moet inskrywings vergesel.. Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.. Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 7 September bereik.Die top-tien boere vir die 16de seisoen sal op 29 Oktober by ’n spesiale uitsending op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. Die 16de reeks sal van 11 Julie 2024 op Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai word.


