Tannie Stefina Dicks (regs) met haar plakkaat by oom Louis Oosthuizen.


Die troukoors het behoorlik hoog geloop in Huis Wittekruin toe Skrikkeldag op Donderdag 29 Februarie daar gevier is.

Tannie Stefina Dicks (80), ’n inwoner van Huis Wittekruin, is die soort mens wat altyd gereed is vir groot pret.

Om die vonk en pret weer in Skrikkeldag te sit, het tannie Stefina besluit om vier manne en mede-inwoners, ooms Johnny Truter, Brian Kolver, Louis Oosthuizen en Boet Gerber, te vra om te trou – as ’n grap, natuurlik.

“Jy weet, ’n mens sien so baie mense wat siek is of sterf en voel altyd bedruk. Ek het besluit laat ons iets doen om ’n bietjie te lag.”

Tannie Stefina het met die hulp van ’n vriendin groot plakkate met harte en die name van die manne, met die uitdrukking “sê net ja” daarop, gemaak. Sy het selfs ’n stappie verder gegaan en ’n deftige sluier met ’n krans ook gedra en op die troumars ingestap.

Die groot onthulling was natuurlik ’n groot verrassing vir die vier mans.

“Hulle was baie verbaas toe ek by hul tafels kom, maar tog het hulle so mooi saamgespeel.

“Ek het gevra wie van julle gaan ja sê, toe sê hulle al vier ja,” vertel tannie Stefina met ’n lag.

“Almal het dit geniet. Die gebeure het definitief die atmosfeer ligter gemaak.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article