Die hofsaak waarin ’n bekende sanger in die Weskus en Kaapstad én sy pa tereg staan op ’n aanklag van ernstige aanranding van sy gewese meisie, is uitgestel vir verhoor.
Die klagte teen Ivan van der Merwe (39) en sy pa, Leonardus Johannes van der Merwe (67), hou verband met die aanranding van Sune Huysamen (33), Van der Merwe se gewese lewensmaat, tydens ’n rusie op Vrydag 24 November verlede jaar (“Sanger en pa in hof”, Weslander, 8 Februarie 2024).
Die saak word in die Vanrhynsdorp-landdroshof aangehoor. Die Van der Merwes het Woensdag 24 Januarie die eerste keer in die hof verskyn en weer op Woensdag 28 Februarie.
Die verhoor begin op Woensdag 22 Mei.





