Maak seker jy loop nie die aanskakeling van Hopefield se Kersliggies mis nie.Foto: ter illustrasie


Hopefield Koöperasie en die Hopefield-gemeenskapsaksiegroep bied in samewerking met die plaaslike gemeenskaps­polisiëringsforum (GPF) ’n Kerslig-geleentheid in die dorp aan.

Dit sal volgende Vrydag (6 Desember) in Voortrekkerstraat, Hopefield plaasvind. Dit is ’n viering van Hopefield, die gemeenskap en die omliggende plase waar almal bymekaarkom om die dorp te verlig.

Verken ’n opelugmark met stalletjies wat deur plaaslike inwoners beman word. Dit bied ’n heerlike verskeidenheid kosse uit verskillende kulture. Smul aan tradisionele gunstelinge – van roosterkoek, kerrie- roetie en vars kreef tot tuisgemaakte poedings, koeke en lekkernye wat die geure van ons erfenis op nostalgiese wyse terugbring. Daar sal ook plaaslik vervaardigde kuns, kunsvlyt, juweliersware en ander skatte wees.

Ervaar die vreugde van die gemeenskap wanneer die son op ’n someraand sak en die Kersliggies Voortrekkerstraat verlig – ’n nuwe plaaslike tradisie wat die begin van die somervakansie inlui. Dit is ’n aand van samehorigheid, feesviering en trots op wat Hopefield en sy mense bied. Sitplek word voorsien sodat almal soos ’n gesin bymekaar kan kom en brood kan breek.

. Feestelikhede begin om 18:00, met die Kersligte wat om 20:25 aangeskakel word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article