‘n Klagte van huisbraak en diefstal is die afgelope naweek by die Vredenburg-polisie aangemeld nadat iemand Sondag 7 Junie in die vroeë oggendure by ‘n gastehuis in Paternoster ingebreek het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, die distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het die 32-jarige klaer bevestig alle deure en vensters is die Saterdagaand omstreeks 22:00 gesluit toe hy en sy gesin vir die aand gaan slaap het.

Omstreeks 04:45 die Sondagoggend is hy egter deur ‘n geluid wakker gemaak en hy het ondersoek ingestel.

Die skade wat die inbreker veroorsaak het.
Die skade wat die inbreker veroorsaak het.

Hy het ‘n onbekende man in die wo­ning gewaar en op hom geskree, waarna die verdagte op die vlug geslaan het.

Helfrich het gesê ‘n glasdeur is gebreek om toegang tot die huis te verkry.

Die verdagte het met ‘n slimfoon, handsak en babamonitor gevlug.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article