Vyf lede van Rio Grappling Club West Coast is onlangs in die Westelike Provinsie-span opgeneem en sal die provinsie van 26 tot 28 Junie in ‘n toernooi in Gauteng verteenwoordig. Hulle is Camron Abrahams, Anuschka Anderson, Hanru Viljoen, Caden van den Berg en Rogan van den Berg.

Die prestasie volg op ‘n sterk groeitydperk vir die klub, wat onlangs sy 100ste lid opgeteken het.

Die klub staan onder leiding van Hanneke Viljoen, die eerste en enigste vroulike hoofafrigter én enigste bruinbelt in Brazilian Jiu-Jitsu aan die Weskus.

Viljoen is ook die enigste Abu Dhabi Combat Club-gekwalifiseerde skeidsregter in die streek.

Camron Abrahams
Anuschka Anderson
Hanru Viljoen.
Caden van den Berg.
Rogan van den Berg
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 28 May 2026
    Weslander E-Edition – 28 May 2026

Gift this article