KYK | De Drift-winkelsentrum op Velddrif open sy deure!

Checkers Velddrif open sy deure. Foto: Madelie van Tonder
Checkers Velddrif open sy deure. Foto: Madelie van Tonder

KYK | De Drift-winkelsentrum op Velddrif open sy deure!


VELDDRIF – Met ‘n mengsel van kos, kleinhandel en leefstylaanbiedinge bring die De Drift-winkelsentrum bekende handelsmerke en plaaslike aanbiedings onder een dak byeen.

Volgens Dorpstraat, die ontwikkelaar van die projek, was die besluit om ‘n sentrum in Velddrif te ontwikkel gebaseer op uitgebreide marknavorsing wat oor jare se ontwikkeling en groeipatrone in die dorp strek.

By die opening is van links raadslid Johan Moolman,  en Ray van Rooy, Uitvoerende Burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit. FOTO: Madelie van Tonder
By die opening is van links raadslid Johan Moolman, en Ray van Rooy, Uitvoerende Burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit. FOTO: Madelie van Tonder

Die ontwikkelaars sê hul navorsing het aangedui dat Velddrif oor die afgelope dekade sterk gegroei het, terwyl verdere uitbreidings en ontwikkeling steeds op die horison is.

Die stelling is ook op Velddrif-sakekamer se vergadering op 19 Maart beklemtoon.

Volgens Johnny Da Silva, voorsitter, word Velddrif se groei deur sy toenemende bevolking ondersteun en ook deur besoekers en verbruikers uit omliggende dorpe, wat gereeld na die dorp stroom.

Die lint word op Donderdag 28 Mei geknip. Video: Madelie van Tonder

Checkers, wat een van die sentrum se ankerwinkels is, het volgens die ontwikkelaars hul eie onafhanklike navorsing gedoen en soortgelyke bevindings gemaak.

Soos Weslander vroeër berig het, sal die sentrum geanker word deur Checkers en Dis-Chem.

Die winkelaanbod sluit ook onder meer in Mr Price Apparel, The Crazy Store, Pep Home en Homemakers Hub. Diens- en spesialiteitswinkels soos Standard Bank, Spec-Savers, PNA, Techno Stop, ‘n skoonheids- en haarsalon asook ‘n motorwassery maak ook deel uit van die aanbod.

Vir iets te drinke of te ete is daar Urban Fish, Ripple and Tide Bistro, Columbine Roastery en die Biltong Republic wat volgens die ontwikkelaars bedoel is om ‘n gesellige sosiale atmosfeer te skep.

Die De Drift Mall is oop. Video: Madelie van Tonder

Die ontwikkelaars meen die sentrum se rol strek verder as gerief en verskeidenheid alleen.

Volgens Dorpstraat is De Drift ook daarop gemik om werksgeleenthede te ondersteun en ‘n bydrae tot die plaaslike ekonomie te maak namate die dorp verder ontwikkel.

Met die openingsdatum, wat vandag (Donderdag 28 Mei) aangebreek het, sal dit mettertyd “duidelik word hoe De Drift inpas by Velddrif se volgende fase van groei,” verseker die ontwikkelaars..

De Drift maak reg om Donderdag 28 Mei te open.

Dis ‘n dorp wat volgens markdata, ontwikkelaars asook sakebelanghebbendes reeds besig is om sy rol as ‘n middelpunt in die streek verder te versterk.

De Drift se handelsure: Maandag tot Donderdag: 09:00 – 18:00; Vrydag: 09:00 – 19:00; Sondae en openbare vakansiedae: 09:00 – 14:00.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 21 May 2026
    Weslander E-Edition – 21 May 2026

Gift this article