Dirk Vraagom gee die Huis Wittekruin-inwoner Carol van Niekerk ‘n opbeurende drukkie.

Die Saldanha-seekadette het die afgelope Saterdag (16 Mei) Huis ­Wittekruin in Vredenburg met groot entoesiasme besoek.

Samantha Hendricks, die skakelbeampte vir die seekadette, het met Weslander gedeel dat hulle deur hul bevelvoerder, Luigi Roux, geïnspireer is om die ouetehuis te besoek

Hendricks meen dit was ‘n baie spesiale oomblik om tyd saam met die bejaardes deur te bring en hul glimlagte te sien.

Die bejaardes is met kolwyntjies en die heerlike samesyn met die Saldanha-­seekadette bederf.

“Gemeenskapsuitreik is belangrik omdat dit wys ons gee om vir ander en help om mense bymekaar te bring. Ons het met dié besoek geleer dat klein dade van vriendelikheid ‘n groot verskil in iemand se lewe kan maak. Dit wys die seekadette se waardes van respek, diensbaarheid, dissipline en omgee vir die gemeenskap.”

Karin Delport, die bestuurder van Huis Wittekruin, sê die inwoners het die besoek geweldig geniet. “Dit het baie vir inwoners beteken dat jongmense tyd maak om hulle te bederf. Mag dit die begin wees van vele besoeke en ‘n groeiende verhouding met die Saldanha-­seekadette.”

Hendrick voeg by dat die kadette ander jongmense aanmoedig om in hul gemeen­skappe terug te ploeg en omdat elke klein gebaar ‘n reuseverskil kan maak.

Dirk Vraagom (waarnemende bevelvoerder), die kadette Brandon Magson, Peter Flink en Nicholas Wilsnach, Karin Delport (Huis Wittekruin), Shafeeqah Tonta, Oletato Shibambu, Unam Nkohla en Ashwin Jeftha.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 21 May 2026
    Weslander E-Edition – 21 May 2026

Gift this article