Die Vredenburg-tuinbouklub se bestuur saam met die gassprekers. Agter: Johan du Plessis (sekretaris), Deon van Eeden (Vula) en Andrea Pretorius (ondervoorsitter). Voor: Elmaré Smuts (tesourier), Letitia de Jongh (bestuurslid ), Olga Victor (gasspreker en stigterslid) en Erna du Plessis (voorsitter en stigterslid).

Die Vredenburg-tuinbouklub is op 25 April 2001 aan huis van Olga Victor in Vredenburg met ‘n handjievol entoesiastiese lede gestig.

Verlede Woensdagoggend kon hulle die 25ste bestaansjaar van die steeds groeiende klub feestelik by Kopiki Kletz in Frank’s Home & Garden Centre in Saldanha vier.

Die tafels was feestelik versier met vingerhapie-pakkies vir elke gas asook kleurvolle plantjies en geskenkpakke vol verrassings vir elkeen. Verskeie verteenwoordigers in die tuinbedryf het ruim tot al die geskenke en gelukkigstrekkings bygedra. Die voorsitter, Erna du Plessis, het almal verwelkom en die program gelei. Olga Victor het spesiaal van Franskraal af gereis om oor die destydse ontstaan van die klub te kom gesels. Sy het ook spesiale vermelding gemaak van mense soos Phillip Scott asook Die Weslander, wat oor al die jare steeds waardevolle ondersteuning aan die klub gee.

Die gasspreker van die oggend was die internasionaal bekende Deon van Eeden, die stigter van Vula omgewingsdienste. Hy het ‘n baie insiggewende praatjie gelewer oor hoe jy die veld beter kan maak vir die kos wat dit voorsien. Daar was ook geleentheid vir elkeen om van ‘n spesiale fynbossaadmengsel saam te neem om in die veld of tuin te gaan saai.

Die oggend het verder baie gesellig verloop en almal is met baie inspirasie en geskenke terug huis toe!

Die Vredenburg-tuinbouklub bedank almal wat tot die sukses van die oggend bygedra het: Frank’s Home & Garden Centre, Kopiki Kletz, Woodoc, Effekto, Shadowlands, Arboreta, Atlantic Fertilisers, Marshall Tool en Kirchhoff.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 7 May 2026
    Weslander E-Edition – 7 May 2026

Gift this article