Graad 12-matriekafskeid van Velddrif Hoërskool is op 23 April by De Brug Restaurant gehou.
Die skool se matriekklas bestaan uit 36 leerders en volgens die hoof, Gerald Karolus, is dit ‘n klein, maar vasberade groep wat talle uitdagings moes oorkom om hul drome na te jaag.
Tydens die aand het Karolus die leerders bemoedig met die woorde uit Jeremia 29:11: “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here: gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.”
Hy het die leerders verder aangemoedig om hul beste te gee en hard te werk, want die insette wat hulle nou lewer, sal uiteindelik vrugte afwerp.
Die matriekafskeid is met sorg en toewyding gereël deur die matriekkomitee, bestaande uit Deverona Lewis, Isak Alkaster en Shandre Rhodes.
Die geleentheid met die tema “Met Gala Hollywood” is by De Brug Restaurant in Velddrif gehou, en het ’n glansryke en elegante atmosfeer geskep wat perfek by die geleentheid gepas het vir ‘n aand vol styl, vreugde en onvergeetlike oomblikke.
Soos die leerders nou vorentoe beweeg, lê die fokus op harde werk en deursettingsvermoë. En volgens Karolus het hierdie klas die potensiaal om die beste Graad 12-klas van 2026 te wees.










Skoolhoof, Gerald Karolus spreek die matrieks van 2026 toe.

Shandre Rhodes, onderwyser en deel van die organiserings-kommittee

Deverona Lewis Gr-12 register onderwyser en Isal Alkaster wat ook gehelp het om die aand ‘n sukses te maak.






You must be logged in to post a comment.