Die leerders van Diazville Primêr het onlangs internasionale wiskunde-dag gevier. Leerders het entoesiasties deelgeneem deur enigiets wiskundigs by hul skooluniform te voeg, wat hul kreatiwiteit en liefde vir syfers en getalle getoon het. Leerders het gedurende pouse ‘n verskei- denheid prettige en boeiende aktiwiteite geniet, soos skaak, domino’s, kaartspeletjies, UNO, bordspeletjies en selfs Lego’s. Hierdie aktiwiteite het leerders gehelp om te ervaar dat wiskunde pret, kreatief en deel van die alledaagse lewe kan wees. “ ’n Groot dankie aan die ouers wat die dag ondersteun het en aan al ons leerders wat so positief deelgeneem en saamgewerk het om die dag ‘n groot sukses te maak. Ons is trots op die entoesiasme wat almal getoon het,” het die skool gesê.

Wiskunde-dag met pret en speletjies gevier

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 21 May 2026
    Weslander E-Edition – 21 May 2026

Gift this article