Billy-John van der Westhuizen van die Laerskool Vredenburg.

Twee jong atlete van die Weskus is met trots, eer en groot vieringe terugverwelkom ná hul deelname aan die Suid-Afrikaanse Laerskole-atletiekkampioenskap, wat in Groenpunt, Kaapstad, plaasgevind het.

Billy John van der Westhuizen (o.12), ‘n leerder aan die Laerskool Vredenburg en ‘n inwoner van Paternoster, asook Leandro Reid, ‘n leerder aan St. Andrews Primêr en ‘n inwoner van Saldanha, het hul dorpe en skole se naam die afgelope naweek hoog gehou.

Billy John het ‘n vyfde plek in die 100-m-item en ‘n vierde plek in die 150 m behaal. Sy aflosspan het goud verwerf.

Leandro (o.11) het die sewende plek in die verspring behaal, ‘n groot prestasie en een van vele wat hy al verwerf het.

Families, skole en die atlete se ondderskeie gemeenskappe is bitter trots op albei leerders.

Leandro Reid van St. Andrews Primêr.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article