Van links is Manwell Jantjies, Paul Haricombe (skoolhoof), Liam Williams en Jo-Anne Williams (afrigter).

Die Hoërskool Diazville is trots op Manwell Jantjies en Liam Williams wat uitstekend in die Wes-Kaapse kampioenskap in Stellenbosch die afgelope naweek gevaar het.

Jantjies het tweede plek gewerf en Williams ‘n derde plek. Beide atlete is gekies om as deel van die Wes-Kaapse span in die SA Skolekampioenskap aan die 10 km-wedloop deel te neem.

“Jul harde werk, dissipline en toewyding werp werklik vrugte af. Ons is ongelooflik trots op julle albei terwyl julle nou voorberei om volgende week aan die nasionale kampioenskap mee te ding,” sê die skool en bedank ook die afrigter, Jo-Anne Williams, vir haar toewyding, leiding en vertroue in die twee atlete.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 19 March 2026
    Weslander E-Edition – 19 March 2026

Gift this article