Huis Wittekruin was die afgelope Vrydag (6 Maart) ten spyte van die triestige weer vol lewe.
Met hul basaar in volle swang het die braaivleisvure gebrand, die pannekoektannies het gebakom voor te bly en die tafels het gekreun onder talle eetgoed terwyl Gaan Groot Radio almal van die stoep af vermaak het.
Huis Wittekruin bedank graag al hul borge en elke helpende hand wat die basaar ‘n sukses gemaak het.
“Dit was lekker om so baie mense in die gees van vriendelikheid en hartlikheid te sien saamkuier. Ons sê baie dankie aan die gemeenskap wat ons so goed kom ondersteun het. Hoewel ons met die basaar geld insamel, gaan dit vir ons baie meer oor die saamkuier en skouerskuur met ons eie gemeenskap, familie en besoekers. Alle eer aan die Here. Ons kom buig in dankbaarheid voor Hom vir Sy liefde en genade, wat dit alles moontlik gemaak het,” het Huis Wittekruin bygevoeg.






