Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) in die Wes-Kaap herinner inwoners aan die komende munisipale tussenverkiesing op Woensdag 22 April.
Die vakatures het ontstaan ná die bedankings vroeër vanjaar van die voormalige burgemeester André Truter en onderburgemeester Charmaine Laubscher uit die Saldanhabaai-munisipaliteit.
Truter se ou wyk, Wyk 5, sluit Jacobsbaai en dele van Saldanha in, en Laubscher se ou wyk, Wyk 6, sluit dele van Langebaan in.
Registrasie-naweek
Registrasies sal plaasvind op Saterdag 7 en Sondag 8 Maart, van 08:00 tot 17:00, by die volgende plekke:
Wyk 5: Dial Rock-saal, Albatrosstraat, Saldanha, en die Togryersvlei-saal, Jacobsbaai (4 188 geregistreerde kiesers).
Wyk 6: Langebaan-stadsaal, Breëstraat, Langebaan (5 141 geregistreerde kiesers).
Hierdie geleentheid stel inwoners in staat om:
* Te registreer om te stem.
* Hul registrasiestatus te kontroleer en te bevestig.
* Registrasiebesonderhede by te werk indien hulle na die wyke verhuis het.
Bring dit saam
* Om te registreer én te stem moet jy ‘n Suid-Afrikaanse burger van 18 jaar of ouer wees.
* Bring een van die volgende identiteitsdokumente:
* Groen ID-boekie met strepieskode.
* Slimkaart-ID.
* Geldige Tydelike Identiteitsertifikaat (TIC).
Kontroleer jou registrasiestatus
* Besoek: www.elections.org.za
* SMS: jou ID-nommer na 32810 (R1 per SMS)
* WhatsApp: “Hi” na 060 088 0000
Die kieserslys vir die tussenverkiesing sluit amptelik op Vrydag 13 Maart om 17:00
Hierna gaan die tussenverkiesing geproklameer word en kandidate benoem word.





