Thyrone Williams, die nuwe afrigter van die Vredenburg- rugbyklub se eerste span.

In sy nuwe rol as hoofafrigter van die Vredenburg-rugbyklub se eerste span, sien Thyrone Williams uit na die geleentheid wat hom gebied is.

Williams was die afgelope vyf jaar die hulpafrigter van die St. Helenabaai-rugbyklub se eerste span, voordat hy by Vredenburg se klub aansoek gedoen het.

Thyrone Williams, die nuwe
afrigter van die Vredenburg- rugbyklub se eerste span.

In sy tyd by St. Helenabaai het Williams baie geleer en ook baie kennis oorgedra.

Hy meen een van die belangrikste aspekte wat hy aan sy nuwe span wil oordra, is wedersydse respek tussen spelers asook tussen spelers en afrigters.

“Rugby is my tweede lewe, en ek het baie hoogtes in my loopbaan bereik. Ons gemeenskappe aan die Weskus is baie passievol oor rugby en sien uit om naweek na naweek hul spanne te ondersteun.

“Omdat Vredenburg vir twee jaar in die Top-12 gespeel het, is my visie om die Weskusliga te wen en dan die klub vir die eind- stryd na Wellington toe te neem.”

Williams wens die St. Helenabaai-rugbyklub sterkte toe vir die seisoen wat voorlê en moedig hulle aan om aan te hou met die goeie werk, en die bestuur en afrigters te respekteer.

“Aan Vredenburg wil ek sê dat daar baie druk op ons is. Ons moet gefokus bly op ons doelwitte en God eerste stel.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article